Chakalaka is ‘n Suid Afrikaanse smoor of sous wat gewoonlik saam met pap of vleis geniet word. Ek is besonders lief vir Chakalaka en gebruik dit gereeld op my spyskaarte vir funksies. Die smoor gee ‘n baie lekker aromatiese rissie byt aan geregte. Daar is verskillende maniere om die sous te maak, maar bestaan hoofsaaklik uit ‘n basis van tamatie, uie, rissie, fyn groente en speserye. Die smoor se oorsprong is waarskynlik van Mosambiekse Peri Pe

“Rump steak” is ‘n gunsteling vir my. Dit is baie geuriger as enige ander snit. “Rump steak” of kruisskyf in Afrikaans, word gesny uit die boonste deel van die bees se boud. As gevolg hiervan is dit ‘n spier wat baie werk en dus is rump steak gewoonlik van jou taaier snitte. Hiervoor maak die snit wel op in smaak en sekere dele het n lekker vetjie aan. Die geheim van kruisskyf is veroudering. As jou snit vakuum verpak is, kan jy hom maklik