Turkse Eiers Met Hummus, Jogurt en Aromatiese Olie

Hierdie resep is ek baie lief voor. Dit kombineer van my gunsteling smake op een bord. Sagte eiers met lekker branderige olie, bros sesamsade en romerige jogurt en hummus. Die middle-Oosterse ontbyt word in baie verskillende streke aangepas tot elke kultuur. Hierdie is my gekose manier.

Voorbereidingstyd – 30 minute

Kooktyd – 30 minute

Bedien – 4 mense

Vir die eiers

8 groot vrywei eiers

¼ koppie wit asyn

2 klein houertjies hummus

1 koppie Griekse jogurt

Aromaties olie

‘n Hand-vol vars koljander

Vars rissie, fyn gesny

Maldon sout

Vir die aromatiese olie

½ koppie kanola olie

½ koppie olyfolie

1 steranys

2 kardemompeule, liggies gekneus

1 stuk kaneel, 3 cm lank

2 eetlepels rissieflokkies

2 eetlepels gebraaide sesamsade

2 wit uie, fyn repies gesny

8 knoffelhuisies, dun skyfies gesny

Metode vir die aromaties olie

Plaas die olyfolie en kanolaolie in ‘n klein potjie. Voeg nou die gesnyde uie en knoffel by en plaas op medium hitte. Verhit stadig tot uie begin braai en braai dan oor medium hitte tot uie en knoffel goud bruin en bros is.

Metode vir die eiers

Maak ‘n medium kastrol halfpad vol water. Voeg asyn by met ‘n goeie knippie sout. Plaas deksel op die kastrol en bring die water tot kookpunt. Sodra die water gekook het, draai die hitte tot laag. Breek eiers in ’n klein bakkie, een vir een. Roer die water sodat dit ‘n kolkgat maak. Voeg nou die eiers een vir een in die water. Maak seker die water bly effens kook. Gebruik ‘n gaatjies lepel en roer eiers sagkens. Kook vir 4 minute elk vir ‘n lekker sagte geel, of bietjie langer as jy die eiers meer gaar verkies.

Smeer van die hummus in die middel van die bord, skep twee lepels jogurt in die middle van die hummus. Plaas nou die eiers bo-op die jogurt. Bedruip alles met die aromatiese olie, sprinkel met bros knoffel/uie, vars kruie en -rissie.

Bedien met vars pitas of platbrode om die eiergeel met op te lek

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *