
Forel Slaai met seisoen groente, beet, Clemengold nartjies en groen jalapeno slaai sous
Bedien 4 persone

Vir die Forel
400g Lig gerookte vars forel
50ml olyf olie
2 tlp Fyn koljander
2 tlp Fyn komyn
1 tlp Brand rissie vlokkies
1 knippie See sout
Vir die slaai sous
100ml Clemengold nartjie sap
50ml Rys asyn
25g Suiker
1 Knoffel huisie, geskil
2 cm stuk Gemmer, geskil
100ml olyf olie
Vir die Slaai
1 k Erfenis wortels, geblanseer
1 k Beet, gekook
1 k Clemengold nartjies, geskil en in wiele gesny
½ k Spruitkool (broccoli), geblanseer
½ k Aspersies, geblanseer
125g Bok-melk kaas
Jong slaai blare
Vars koljander blare
See sout
Swart peper
Metode:
In n mengbak, meng die fyn koljander, fyn komyn, rissie flokkies, olyf olie en see sout. Sny nou die Forel in 2 cm bree stukke en sit forel in die meng bak. Meng die forel sodat dit mooi bedek word met die marinade en sit eenkant. Maak n kleef werende pan warm en braai die forel baie vining aan beide kant tot bruin. Die Forel moet nie deur gaar wees nie.
Maak nou die slaai sous deur alle bestandele vir die slaai sous te verwerk in voedsel verwerker tot fyn.
Bedien die slaai op as volg:
1. Bedien die Forel op met die wortels, beet, clemengold nartjies, broccoli, aspersies, stukke bokmelk kaas
2. Bedruip slaai goed met die slaai sous
3. Meng die jong slaai blare en koljander blare met bietjie olyf olie
4. Sit blare bo op die slaai en sprinkel met sesam sade, sout en peper